FREQUENTLY ASKED QUESTIONS
of soos ons dit noem: VERDUIDELIK ASSEBLIEF MOOI

Kyk gerus deur die moontlike vrae hier onder om u antwoord te kry, maar laat ons andersins weet indien daar enige verdere inligting benodig word by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

1. Hoe kry ek die program/ lesse (bestelproses)?
2. Kan ek as onderwyser die program vir my klaskamer aankoop?
3. Ek het nou klaar betaal, hoe laai ek die lesse af?
4. Kan ek die program op my kind se tablet/ iPad laai?
5. Hoekom is die aflaaiproses so lank?
6. Kan ek die program op my Apple Mac laai?
7. Hoekom moet ek elke kwartaal weer betaal?
8. Hoekom kan ek nie hierdie jaar se lesse weer volgende jaar vir my ander kind gebruik nie? Hoekom moet ek dit weer koop?
9. Hoekom werk my aktiversingskode nie op my ander rekenaar nie?
10. Hoekom werk my aktiversingskode nie nadat ek my rekenaar se sagteware opgradeer het nie?
11. Hoekom moet ek elke kwartaal weer my rekenaar ID instuur?
12. Ek het internet by die werk maar nie by die huis op die rekenaar waarop my kind moet werk nie. Hoe nou gemaak?
13. Ek het 'n rekenaar maar glad nie internet toegang nie. Hoe kry ek die program?
14. Ek het twee rekenaars waarop my kind gaan werk, hoe maak ek dan nou met my een lisensie?
15. Wat kry ek vir R180/ R240 per Graad per Kwartaal?

16. Hoekom kan ek net die program op een rekenaar aktiveer?

17. Het ek die internet nodig om die program te gebruik?

18. Hoekom kan ek nie die vakke apart koop nie? 

  


1. Hoe kry ek die program/ lesse

  •  Registreer hier op ons webwerf om u gebruikernaam te kry wat u gaan benodig om die lesse af te laai.
  •  Sodra u geregistreer het klik op die “Bestel Nou” skakel bo aan die webblad.
  •  Vul die bestelvorm in en stuur dit vir ons.
  •  Ons stuur dan vir u ‘n faktuur met ons bankbesonderhede vir betaling.
  •  Sodra ons bewys van betaling ontvang het stuur ons vir u die aflaai-intruksies vir u lesse.
    Terug Boontoe

2. Kan ek as onderwyser die program vir my klaskamer aankoop?

  • Kontak ons gerus indien u 'n onderwyser of hoof is wat die program vir onderwysers wil aankoop. Ons het aparte reëlings wat ons met julle kan tref om die program in julle klaskamers te kry.
    Terug Boontoe

3. Ek het nou klaar betaal, hoe laai ek die lesse af?

  • Sodra ons bewys van betaling ontvang het stuur ons vir u die skakels wat van toepassing op u kind se Graad is.
  • Ons stuur ook stap vir stap instruksies en is telefonies beskikbaar indien u enigsins vashaak gedurende die proses.
    Terug Boontoe

4. Kan ek die program op my kind se tablet/iPad laai?

  • Op u bestelvorm dui u vir ons aan indien u die program op Tablet of iPad soek. Ons sal dan al die aflaai-instruksies vir u stuur vir u toestel sodra ons betaling afgehandel het.
    Terug Boontoe

5. Hoekom is die aflaaiproses so lank?

  • Ons gebruik tans baie basiese sagteware om hierdie program aan kliënte beskikbaar te stel. Die rede hiervoor is omdat ons alles in ons vermoë doen om die onkostes so laag as moontlik te hou vir kliënte.
  • Ons primêre doel met die program is tog om soveel moontlik mense toegang te gee tot hierdie lesse ten einde ons kinders se akademiese standaarde te help lig. Hoe meer mense die program koop, hoe makliker sal dit vir ons wees om die pryse laag te hou en terselfdertyd die aflaai-proses te verbeter. 
    Terug Boontoe

6. Kan ek die program op my Apple Mac laai?

  • Brainysaurus is tans net beskikbaar om te gebruik op Windows sagteware.
    Terug Boontoe

7. Hoekom moet ek elke kwartaal weer betaal?

  • Ons deel die program in Kwartale op aangesien nie almal kan bekostig om die jaarlikse fooi op een slag te betaal nie.
  • Die lêers is ook enorm groot en kwartaallikse aflaaie vergemaklik die tyd wat dit neem om af te laai.
  • Soos wat die jaar aanloop is ons elke kwartaal nog besig met die volgende een se opdatering en byvoegings. Ons kan dus só seker maak dat elke kwartaal se werk tot op datum verwerk is.
    Terug Boontoe

8. Hoekom kan ek nie hierdie jaar se lesse weer volgende jaar vir my ander kind gebruik nie? Hoekom moet ek dit weer aankoop?

  • REDE EEN: Die Graad 4 lesse wat u een kind hierdie jaar gebruik het, is dalk nog steeds van toepassing waneer u volgende kleinding oor 'n jaar of twee ook Graad 4 betree. Maar hier by Brainysaurus doen ons egter moeite om elke jaar die lesse te hersien en verbeteringe aan te bring – ons verbeter dalk die animasies van die padvervoer lesse, of voeg dalk ‘n program by wat kan help met selfstudie, ens. Dus: Jaarlikse verbeteringe aan die program = Jaarlikse lisensiefooi.
  • REDE TWEE: Ter beskerming van ons sagteware hou ons die lisensie slegs vir 'n bepaalde tyd aktief.
  • REDE DRIE: Agter die skerms word daar tot 800 ure per handboek, per vak, per graad in hierdie program ingesit - onthou ook ons doen 4 grade, maal 3 vakke, maal 7 handboeke plus Brainy-kaarte en administrasie. As 'n besigheid sal ons nooit kan beskostig om al hierdie werk te doen vir slegs R600 per jaar nie. As u gaan kyk na ander tipe programme, sal u enigiets tussen R3,000 en R6,000 per jaar betaal en partykeer nie eers opdaterings-opsies ontvang nie. Kyk ook mooi of daardie programme ook u kind se klaswerk per handboek, per bladsy dek soos wat die Brainysaurus program doen.
    Terug Boontoe

9. Hoekom werk my aktiversingskode nie op my ander rekenaar nie?

  • Soos met alle sagteware programme, is elke Brainysaurus program gelisensiëerd wat beteken een lisensie - een gebruiker.
  • Indien u meer as een rekenaar gebruik, sal u vir elke rekenaar ‘n lisensie (program) moet koop aangesien die lisensiëring van die sagteware nie ongemagtigde duplikasie toelaat nie. Kontak ons indien u wel vasbrand met u kind se skedule sodat ons saam vir u 'n oplossing kan vind.
    Terug Boontoe


10. Hoekom werk my aktiveringskode nie nadat ek my rekenaar se hardeware/sagteware opgradeer het nie?

  • Die rekenaar se ID sal verander indien veranderinge aan die rekenaar self aangebring word.
  • Stuur net vir ons die nuwe rekenaar ID sodat ons die nuwe aktiveringskodes vir u kan aanstuur. Die vorige rekenaar ID sal dan gekanselleer word.
    Terug Boontoe

11. Hoekom moet ek elke kwartaal weer my rekenaar ID instuur?

  • Elke kwartaal se werk is gelisensiëerd en moet dus beskerm word.
  • Ons het nogals baie gevalle waar die ouers ook besluit om volgende kwartaal dalk ‘n ander rekenaar vir boetie of sussie te gebruik of hulle rekenaars word opgegradeer
    Terug Boontoe

12. Ek het internet by die werk maar nie by die huis op die rekenaar waarop my kind moet werk nie. Hoe nou gemaak?

  • U kan die aflaai-proses deur die internet by die werk volg indien dit toelaatbaar is.
  • Al die lêers wat u aflaai kan op ‘n usb-stokkie geplaas word en oorgelaai word op die kind se rekenaar by die huis. Stuur dan vir ons die rekenaar ID van u kind se rekenaar vir aktivering (instruksies sal aan u gestuur word).
  • Die internet word net benodig om die lêers af te laai – nie vir die aktivering en gebruik van die program nie!
    Terug Boontoe

13. Ek het 'n rekenaar maar glad nie internet toegang nie. Hoe kry ek die program?.

  • U kan punt 12 se stappe volg van 'n vriendin se rekenaar af wat wel toegang het tot die internet. Onthou - ons doen eers die aktivering op die rekenaar waarop u kind gaan werk.
  • Indien u glad nie vraag 12 se stappe van 'n ander rekenaar af kan volg nie, kan u 'n cd by ons aankoop teen R10 ekstra per Graad per Kwartaal.
  • Onthou om dit op u bestelling aan te dui, en ook of u dit by ons kom afhaal in Centurion (The Reeds). 
  • Daar is ook aflewerings-opsies beskikbaar wat ons op die faktuur sal aandui.

Terug Boontoe

14. Ek het twee rekenaars waarop my kind gaan werk, hoe maak ek dan nou met my een lisensie?

  • Ons sagteware het standaard lisensiëringsbeskerming op wat dit nie toelaat om op meer as een rekenaar gebruik te word nie.
  • Indien julle die sagteware op meer as een rekenaar wil gebruik, sal addisionele lisensies aangekoop moet word. Kontak ons gerus om 'n oplossing te bespreek vir u spesifieke situasie.
    Terug Boontoe

15. Wat kry ek vir R180/ R240 per Graad per Kwartaal?

  • R180 = Graad 4, 5 en 6: Sosiale Wetenskappe Geskiedenis, Sosiale Wetenskappe Geografie en Natuurwetenskappe.
  • R240 = Graad 7: Sosiale Wetenskappe Geskiedenis, Sosiale Wetenskappe Geografie, Natuurwetenskappe en Ekonomiese Bestuurswetenskap.
    Terug Boontoe

16. Hoekom kan ek die program net op een rekenaar aktiveer?

  • Die program is gelisensiëerd soos enige standaard sagteware program wat u aankoop vir u rekenaar. Die beskerming van die program laat nie toe dat dit onregmatig op ander rekenaars gekopiëer word nie. Dit is essensieël ook ter beskerming van al ons harde werk, waarin duisende ure in die program ingesit is.
  • Indien daar 'n instansie is waar u kind van twee rekenaars moet gebruik maak, kontak ons asseblief om die besonderhede te bespreek en van hulp te wees.
  • Terug Boontoe

 

17. Het ek die internet nodig om die program te gebruik?

  • U het slegs die internet die eerste keer nodig wanneer u die lêers aflaai. Al die lêers wat u aflaai kan selfs op ‘n usb-stokkie geplaas word en oorgelaai word op 'n rekenaar wat nie internet toegang op het nie.
  • U stuur daarna vir ons die rekenaar-id van die rekenaar waarop u kind gaan werk (stap vir stap instruksies word aan u verskaf). Laastens stuur ons daardie rekenaar se aktiveringskode. Nou is die werk enige tyd beskikbaar sonder internet toegang!
  • Terug Boontoe 

 

18. Hoekom kan ek nie die vakke apart koop nie?

  • Die Brainysaurus lesse word per kwartaal opgebreek aangesien nuwe ouers deur die loop van die jaar nie vir lesse hoef te betaal wat reeds by die skool afgehandel is nie.
  • Die SW en NW lesse (plus EBW vir Gr7) word egter as 'n pakket verkoop en kan nie apart gelisensiëerd word nie. Dit is ook die "basis"van ons program. Indien die vakke "opgebreek" word gaan ons dit eenvoudig nie kan bekostig om die produk enigsins verder te ontwikkel nie.
  • Terug Boontoe

Kennisgewing

Klik op BESTEL NOU in die blou "Menu" hierbo om bestelling te plaas.

TEKEN AAN is slegs vir betaalde Brainy kliënte wat aflaai-instruksies vir hul mobiele toestelle van ons ontvang het.

Teken aan (Slegs vir Ipad / Tablet aflaaie)

Copyright © 2012 - 2019 Brainysaurus - All rights reserved.